


EK WIL NET SO BIETJIE MEER ONTDEK
Skeduleer so spoedig moontlik 'n sessie vir die afneem en interpretasie van jou
INLIGTINGVERWERKINGSPROFIEL
EK WIL SO VINNIG MOONTLIK RESULATE ERVAAR
Ontdek al die toerusting wat jy nodig het om die leerproses gemakliker, vinniger en meer suksesvol te maak. Jy gaan LEER om te LEER!
OM DIE BESTE TE DOEN WAT EK KAN DOEN RAAK MY LEEFWYSE
Ons stap die jaar saam met jou!
Ons gaan deur al die vaardighede en anker dit stewig in jou gewoontes. Sien dit as toegang tot die spreekwoordelike WIZARD on the hill.
MAAR LEES EERS VERDER VOOR JY ENIGE BESLUITE NEEM
Die GENIUS GENERATION standaard program is die vertrekpunt vir meeste leerders. Lees gerus de volgende inligting deur en Kontak Ons sodat ons die bes moontlike oplossing vir jou unieke behoeftes kan uitwerk.
IN KORT
-
STAP 1 - Verstaan jou eie INLIGTINGVERWERKINGSPROFIEL.
Elke mens het 'n unieke INLIGTINGVERWERKINGSPROFIEL waarin sy vermoë om inligting in te neem, te verwerk en weer te gee, opgesluit lê. Die INLIGTINGVERWERKINGSPROFIEL is nie slegs 'n evaluasie nie, maar die interpretasie daarvan is al reeds die eerste stap to beter en gemakliker skoolprestasie.
-
STAP 2 - Ontwikkel 'n LEERSTRATEGIE wat pas by die INLIGTINGVERWERKINGSPROFIEL
'n Leerstrategie is soveel meer as bloot 'n studiemetode. Dit behels die ontwikkeling van spesifieke leervaardighede wat op die leerder se unieke INLIGTINGVERWERKINGSPROFIEL gebasseer is.
-
STAP 3 - LEER raak 'n OVENTUUR VAN ONTDEKKING
Dit gaan oor IMPLEMENTERING en die toepassing (en inoefening) van die vaardighede op die spesifeke werk wat die kind moet bemeester in sy toetse en eksamens. Dink so daaraan...teen die tyd die kind met die GENIUS GENERATION program klaar is, is meeste van sy leerwerk ook afgehandel.
WAT GAAN JY KRY?
Die program het drie primêre uitkomste:
-
Om die leerproses vir die kind makliker te maak
-
Om die kind toe te rus met die nodige vaardighede om onafhanklik te studeer.
-
Om die kind se akademiese prestasie te verbeter.
EN SO RAAK DIE LEWE NET SOVEEL MAKLIKER
Die bereiking van hierdie oogmerke het sommer ’n hele paar ekstra voordele soos:
-
Laer stresvlakke in die leerproses
-
Groter selfvertroue
-
Doelgerigtheid
-
’n Meer gebalanseerde lewe
-
LEER as ’n opwindende, nimmereindiggende ontdekkingsreis!
